OMGEE-bord

OMGEE-projek 2020

Hierdie jaar is ‘n typerk wat niemand in Suid-Afrika ooit sal vergeet nie. Die COVID-19 pandemie, misdaad en finansiële swaarkry het mense se voete onder hulle uitgeslaan. Ons harte gaan uit na elkeen wat geliefdes aan die dood afgestaan het.

Saam gaan ons Kersfees ‘n tyd van OMGEE maak. Ons sien OMGEE as die nuwe ‘normaal’ in elke huishouding en in elke gemeenskap.

Die projek word afgeskop met ons OMGEE-bord. Die bord het geen eienaar nie. Elkeen het die geleentheid om eetgoed met liefde te deel van huis tot huis – hart tot hart. Geniet, hervul en deel met iemand anders. Die gedagte is om wat jy het te deel met iemand wat dit regtig nodig het.

‘n bord is natuurlik nie altyd prakties is nie en daarom is daar pragtige OMGEE-kaartjies. As so ‘n kaartjie by jou uitkom, is die gedagte om dit saam met bedagsame of liefdevolle daad met iemand te deel. Die OMGEE-kaartjie word saam met die welwillende daad gedeel, met die voorneme om die ontvanger aan te moedig om iemand ander te seën. Die boodskap is dat iemand gee genoeg om vir jou om jou te seën met ‘n vriendelike gebaar. Wys dat jy omgee en stuur die kaartjie aan.

OMGEE begin dus by elkeen van ons. Dit begin by jou. Deel ‘n glimlag. Bring hoop. Kom deel jou OMGEE-belewenis deur ‘n epos te stuur aan .

  

Die inkleurblad is dieselfde prentjie as wat op die OMGEE-bord geteken is. Spesiaal vir die jongspan. Laai dit af en moedig jou kind aan om dit in te kleur en vir iemand te gee.

Die prentjie het ‘n krimpvarkie en ‘n perdeblom (dandelion) op. Die storie van hoe die twee bymekaar pas is in ons nuwe boek ‘Hartswysheid en kopkennis vir vriende’ deur Wynand & Barbara Louw.