God het sy Heilige Gees vir ons gestuur om ons trooster te wees. Ons moet aanhou bid. Maak nie saak wat op die oomblik in jou lewe aangaan nie, God se genade sal jou deur enige situasie dra wat jy mag ervaar. Hou aan om vriendelik te wees teenoor die mense rondom jou ten spyte van jou eie uitdagings.
Die beste wat jy vandag kan doen, is om asem te haal. Weet dat die genade van God jou deur elke situasie dra.
Efesiërs 1:13-14 - Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys
My gebed. Liewe God, dankie vir U Heilige Gees, ons trooster. Dankie, Heilige Gees, dat U ons vertroos en lei. Here, ek bid dat ons land 'n Goddelike herlewing sal hê. Here, help my om op U gefokus te bly en nie meegesleur te word deur wat ander sê of wat met en om my gebeur nie. Amen.

Het jy geweet dat ons al meer as 2360 daaglikse bemoedigingsboodskappe met onafgebroke getrouheid aan die Vriende van Inter Trauma Nexus gestuur het? Baie dankie aan almal wat ons ondersteun en vir ons bid. Neem asseblief ‘n oomblik en deel die boodskap met iemand wat vir jou belangrik is.