Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Soms raak ons so verstrengel in die uitdagings van ons daaglikse lewe dat ons net die swaarkry raaksien. Terwyl ons sukkel met finansies, gesondheid en verhoudingsprobleme hou iemand ons dop. Dit kan ons kinders, vriende en kollegas wees wat die stryd sien en vir wie die uitkoms saak maak. Leef in die vertroue dat die stryd aan die Here behoort, terwyl jy Hom loof en 'n gesonde gesindheid behou. Jou geloof en gesindheid is jou getuienis.

Leef in die vertroue dat die stryd aan die Here behoort.

2 Kronieke 20:15 - “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.

My gebed. HERE, U is groter as enige probleem wat ons ooit teëgekom het. U het nog altyd U Woord gehou en U beloftes nagekom. Ek loof U Naam vir al die goedheid en genade wat U aan ons bewys het. Wanneer swaarkry kom, weet ek dat die stryd aan God behoort. Al die eer van die oorwinning kom U toe, my Here en God! Amen.

Die stryd behoort aan die Here.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList