Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Daar is geen beter plek as in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader nie. In sy teenwoordigheid is daar rus en vrede. Waar Hy is, is daar altyd meer as genoeg van wat ons nodig het. Jou liggaam is ook die tempel van God. Laat toe dat Sy teenwoordigheid in jou lewe lig, vrede en rustigheid bring. Laat jou hart en mond oorloop van dankbaarheid vir Sy Goddelike goedheid.

'n Dankbare hart is 'n magneet vir wonderwerke, want dit maak jou oë oop vir wat werklik belangrik is.

Psalm 84:11 - Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God.

My gebed. Hemelse Vader, ek is dankbaar vir die rus en vrede wat ek in U teenwoordigheid vind. In U teenwoordigheid kom alles in die regte perspektief en die dinge waaroor ek besorg is bedaar. Dankie vir U liefde en goedheid. Amen.

Jou dankbare hart is 'n magneet vir God se wonderwerke.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList