Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

In hierdie tyd van onsekerheid, is die een sekerheid dat God nie verander het nie. Hy is kragtig en genadig. Hy rus ons toe om wyse keuses te maak en in Sy krag en in liefde te wandel.

Ons bid vir almal wat hierdie nuusbrief ontvang. Mag julle bewus wees dat die vrede en beskerming van God te alle tye met julle is.

2 Timoteus 1:7 - Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

My gebed. Hemelse Vader ek eer U as die Almagtige Skepper van hemel en aarde. Dankie dat U vir ons U Heilige Gees van krag en liefde en van 'n gesonde verstand gee. Dankie dat U ons geloof opbou sodat vrees nie ons lewe verlam nie. Amen.

Wees bewus dat die vrede en beskerming van God te alle tye met jou is.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList