Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Jou verhouding met God en die getuienis van Sy goedheid is 'n baken van hoop vir almal rondom jou. Wanneer jy vashou aan God se Woord en Sy beloftes, kry jy nuwe moed, ongeag die omstandighede rondom jou.

2 Samuel 22:2-3 - Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos.

My gebed. Hemelse Vader, dankie dat U my Here en Verlosser is. Dankie dat U U belofte aan my en elke persoon met wie ek in aanraking kom gee. U is waarlik my rots en toevlug, my vesting en my skild. Amen.

God se liefde wankel nie.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList