Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Jou wandel met God is nie net 'n kwessie van geloof nie, want ons het 'n triomfantlike rol in ons geloof. Ons deel is om die geur van die kennis van Hom oral te versprei. Ons dankbaarheid is soos die draerolie wat die basis vorm om hierdie kosbare geur te versprei. Eer aan God dat Hy vir ons 'n goeie fondament van Sy kennis gegee het!

Selfs wanneer die lewe vol kaktusse is, hoef jy nie daarop te bly sit nie. As jy gesteek word, haal die dorings uit en skep die geleentheid om weer te genees. Welstand deur heelheid begin met praktiese wysheid.

2 Korintiërs 2:14 - Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur.

My gebed. Hemelse Vader, dankie vir die oorwinning wat ons in Christus het. Dankie vir hierdie pragtige beeld van ons wat die geur van die kennis van U oral versprei. HERE, ek verkondig dat U my Here is en dat U groot dinge vir die mensdom en vir my gedoen het. Aan U al die eer! Amen.

Dr. Barbara is deel van die span wat jou daaglikse inspirasie skryf. Het jy geweet sy het 'n aantal boeke geskryf en berei voor om 16 boeke in The Healing Persona Series te publiseer? Sluit aan by Dr. Barbara Bulletin vir nuutste nuus en aanvullende hulpbronne.

God gee wysheid.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList