|
Beste Vriend
God is nie doof vir die smekinge en gebede van wie ook al Sy Naam aanroep nie. Hy hoor jou wanneer jy bid. Nou is die beste tyd om jou behoeftes en bekommernisse aan Hom te gee in die geloof dat Hy jou sal antwoord. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).
Jesaja 59:1 “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie”
My gebed. Hemelse Vader, Ek glo dat U my God en Wonderwerkende Here is. Ek glo dat niks vir U onmoontlik is nie. Here, help my om U stem te hoor terwyl ek U aangesig soek. Amen.

Roep die Here aan.
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|