Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Elke oggend as ek my oë oopmaak dank ek God vir die nuwe dag. Hy vul elke dag met genade en seëninge. Ek kies om met 'n dankbare hart wakker te word voordat ek enigiets in die gesig staar wat die nuwe dag bring. As uitdagings en swaarkry opdaag, is die teenwoordigheid van God groter.

Die Here belowe dat Hy ons sal vertroos in al ons verdrukkinge. Hy sal ook dié wat in die moeilikheid is, vertroos. Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Wat saak maak, is jou houding in die situasie. Wat saak maak, is jou vertroue en jou hoop op God. Moenie toelaat dat vrees jou geloof vernietig nie.

2 Korintiërs 1:3–4 - Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,

My gebed. Here, dankie vir 'n nuwe dag gevul met U genade en seëninge. Ek vra dat U ons sal vertroos in hierdie uitdagings wat ons tans ervaar. Here, vertroos die mense wat in hierdie tyd in swaarkry mag verkeer. Ek bid vir U voorsiening vir die mense wat hul werk verloor het en diegene wat in vrees en onsekerheid leef. Here, ek rol my vrees oor na U. Ek vertrou dat U liefde my sal bevry van hierdie vrees vir die onbekende. Amen.

Groter As Enige Vrees.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList