’n Sagte hart vat ’n ruggraat. Mark Twain het gesê: "Humeur is wat die meeste van ons in die moeilikheid laat beland. Trots is wat ons daar hou." (Vry vertaal). Baie mense hoor soveel preke dat hulle die boodskap van die Evangelie verloor het. Die probleem is hulle het nagelaat om die GOEIE NUUS met ander te deel. Jou humeur en trots floreer wanneer jy jou dankbaarheid vir wat Jesus Christus vir jou gedoen het en jou sagtheid van hart, prysgee.
'n Sagte hart het 'n ruggraat van gebed nodig en die korrekte optrede deur die leiding van die Heilige Gees!
Efesiërs 4:32 NLV - Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.
My gebed. Vader, U is so goed vir my. Ek wil 'n teerhartige persoon wees wat U Woord en veral die Evangelie spontaan en vrylik deel. Dankie vir U liefde en genade. Amen.

Deel die GOEIE NUUS met ander.