|
Beste Vriend
Waar is jou fokus? Oral in die media lees ons beloftes van rykdom, gesondheid, werk, lang lewe en 'n beter lewe. Die meeste van ons gemeenskappe is egter arm, werkloos en versmoor deur misdaad, vrees en xenofobie. Kom ons hou vas aan God se woord en koester die vrede wat net Hy kan gee. Fokus jou oë op Jesus, ongeag die storms rondom jou. Hou aan bid vir en saam met die mense in jou lewe. Tree in die bresse en bid saam met diegene wat op die rand van hopeloosheid is.
Johannes 14:27 - Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
My gebed. Hemelse Vader, ek gee U al my lof, vreugde en vrese op hierdie tyd van die dag. Ek vertrou jou. Here, bring asseblief vrede en herlewing in ons land in die komende weke. Amen.

God se vrede kalmeer jou vrese.
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|