Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

God het in sy genade aan ons geopenbaar dat Hy verstommende en wonderlike dinge voorberei het vir diegene wat Hom liefhet en vertrou. Paulus verwys na Jesaja 64:4 toe hy geskryf het: maar soos geskrywe is: die oog het nie gesien nie en die oor het nie gehoor nie. Dit het ook nie in die hart van 'n mens opgekom wat God voorberei het vir die wat Hom liefhet en op Hom wag nie.

Vra God om aan jou te openbaar wat Hy vandag in jou lewe doen! Die grootste dinge wat Hy doen is in jou. Ontdek Sy goedheid en genade.

1 Korintiërs 2:9 - Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

My gebed. Vader, ek is dankbaar vir U Woord. Ek vertrou dat daar in U wysheid dinge is wat ons oë nie gesien het nie, ons ore nie gehoor het nie, ons harte nie eers gedink het nie. Dinge wat U reeds vir ons voorberei het wanneer ons op U vertrou en ons U liefhet met ons hele hart, siel, verstand en krag wanneer ons saam met U wandel. Amen.

Ontdek God se goedheid en genade.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList