Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

God is altyd goed. Ten spyte van die storms en uitdagings in die lewe, ken God se grootheid geen perke nie. Sy goedheid omvou elke deel van my lewe en ek is bly in dankbaarheid. Hou aan om tot eer van die Here te sing, en bring Hom lof. Ons lofprysing is soos musiek vir God en bring vrede in ons harte.

Psalm 92:2-3 - Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou.

My gebed. Here, ek eer U Heilige Naam en dank U dat U genade oor my elke oggend splinternuut is. Dit is goed om u Naam te loof, Here. Dankie vir u beskerming, voorsiening en getrouheid. Amen.

Mag jy 'n Dankbare hart hê wat jou wêreld inkleur met skoonheid en hoop.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList