Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

God lei ons in 'n triomftog. Hy begelei ons as bevryde gevangenes, wat nou beskikbaar is om Sy doel te bereik. In antieke Romeinse oorwinningsparades is wierook gebrand ter viering van die nederlaag van hul vyande.

In ons getuienisse van oorwinnings in Christus, versprei ons hierdie soet geur aan ander deur die evangelie te deel met diegene wat bevry moet word van die verrottende stank van geestelike skeiding van God.

2 Korintiërs 2:14 - Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur.

My gebed: Here, dankie dat U ons in Christus se triomftog lei en ons gebruik om die aroma van die kennis van Hom te versprei. Help my om die aroma en soet geur van geregtigheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees uit te straal. Help my om mense na U toe te trek en hulle nie af te weer nie. In Jesus Naam, bid ek. Amen.

Dank God dat Hy jou tot oorwinning lei!

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList