Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Is jy in 'n goeie seisoen in jou lewe of gaan dit sleg met jou? Waar jy ook al is vandag is 'n unieke tyd, want verandering is onvermydelik. Wie jy vertrou is jou keuse. Vertrou God en vra Hom vir kennis en wysheid om jou lewe te navigeer.

Daniel 2:21 - Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het.

My gebed. Vader, U is dieselfde, gister, vandag en vir altyd. Dankie vir U ewige liefde en beloftes. Ek besing U lof en eer U as Here van alles. Amen.

Om te doen lys:

  • Kry wysheid
  • Gebruik wysheid
  • Eer God, die Gewer van wysheid.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList