Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ek glo in God en gebed is die manier waarop ons met Hom kommunikeer. Gebed is kragtig en die eerste verandering sal ons altyd in onsself sien. Wanneer ons die verandering sien wat Hy in ons harte bring, weet ons dat Hy 'n wonderwerkende God is. As jy 'n stil, rustige lewe wil hê, moet jy getrou bid vir die mense in gesag in jou lewe en jou land.

1 Timoteus 2:1-2 - Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.

My gebed. Hemelse Vader, ek weet dat U 'n wonderwerkende HERE is. Dankie dat U my gebed beantwoord het. Ek bring al my bekommernisse oor die mense in regerende en besluitnemingsposisies voor U en vra dat U aan hulle wysheid sal gee. Here, gee insig en deernis aan die mense wat keuses moet maak ten voordeel van die mense wat hulle verteenwoordig. Dankie dat U gesê het U sal wysheid gee aan elkeen wat daarvoor vra (Jakobus 1:5). Dankie dat U vir my die gawe van geloof in U gegee het. Amen.

Vra God vir wysheid.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList