Daar is 'n spesiale heelheid wat uit veilige verhoudings kom. In veilige verhoudings is daar aanvaarding, waardering, genade en vreugde. In sulke verhoudings is daar lojaliteit, harmonie, openheid en deernis. Dit beteken dat mense buigsaam genoeg is om brûe van begrip tussen mekaar te bou. Hulle gebede vir mekaar kom uit liefdevolle, omgee harte.
Alhoewel mense ook foute kan maak, God is altyd getrou en waar aan Sy Woord.
Efesiërs 6:18 - Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
My gebed. Hemelse Vader, dankie dat U al my gebede en versoeke hoor. Dankie dat daar geen skaamte, skuld of veroordeling in U teenwoordigheid is nie. Dankie dat U my leer hoe om vir al U mense te bid. Dankie vir die Heilige Gees wat my lei in my gebedslewe. Amen.

Wees waaksaam en bid gedurig.