|
Beste Vriend
My lewensreis is om met God te wandel solank ek lewe. Ek sien nie herstel van verwerping, hartseer, rou, afleggings, 'n beroerte of kanker as 'n reis met daardie trauma nie. Daar is geen kortpaaie in die lewe nie. Dit is maar deel van lewensgebeure. Wanneer jy dink jy neem die maklikste roete, voeg jy dalk pynlike ompaaie by jou reis. Nee, die traumatiese gebeure is klein gebeurtenisse, want om met God te wandel is die grootste ervaring wat enigeen van ons ooit kan hê.
Psalm 23:1-4 - Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig
My gebed. Hemelse Vader, dankie dat daar geen perke is aan die heelheid wat U bring nie. Dankie dat U my gered en genees het. Help my om 'n baken van hoop en 'n getuienis van U goedheid vir al die mense in my lewe te wees. U is my Gids in hierdie lewe. Amen.

Wandel met God.
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|