Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Wees geseënd wanneer jy inkom en wees geseënd wanneer jy uitgaan! Dit is my gebed vir elke persoon wat 'n voet in ons beradingskantore sit. Hierdie boodskap is selfs op die deurmat gedruk. Ons Hemelse Vader het ons lief met ewige liefde en Sy beloftes vloei voort uit ons verhouding met Hom. Al die seëninge van God is joune wanneer jy Hom ten volle gehoorsaam. (Lees asseblief die hele Deuteronomium 28 om die boodskap in konteks te verstaan.)

Deuteronomium 28:6 - Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

My Gebed. Hemelse Vader, ek verkondig met  groot vrymoedigheid dat ek geseënd is bo enige menslike maatstaf! Dankie dat die hele Bybel van U ewige liefde vir die mensdom leer. Dankie dat ek in 'n verhouding met U kan leef. My hart begeer om alles aan U oor te gee en te doen waarvoor U my geroep het. Dankie vir U liefde en genade in my lewe. Amen.

Mag jy geseënd wees wanneer jy inkom en geseënd wees wanneer jy uitgaan!

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList