Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

God het vir jou gawes en talente gegee. Jy ontvang meer seëninge as wat jy kan tel. Terselfdertyd het Hy jou sonde vergewe en roep Hy jou op om vriendelik, medelydend te wees en ander te vergewe.

Dit is moeilik om ander te vergewe as jy kwaad is vir jouself oor jou lewenskeuses. Dit is tyd om jou innerlike woede aan God oor te gee en jouself te vergewe. Hy sal jou vrymaak sodat jy nuut kan begin lewe.

Jy is die kunstenaar wat elke dag jou lewensverhaal leef wat jy skep. Het jy egter iemand geïnspireer om vandag hul eie pragtige lewensverhaal te leef?

Efesiërs 4:32 - Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

My gebed. Hemelse Vader, U stem vertroos en lei my. Dankie dat U my vergewe selfs in die tye wanneer dit vir my moeilik is om myself te vergewe. Ek weet dat toe Jesus Christus aan die kruis gesterf het, Hy 'n volledige werk vir ons verlossing gedoen het. HERE, wys my asseblief wie ek vandag kan inspireer om hul eie pragtige storie uit te leef. U het my waarlik skoonheid vir as gegee. U het my vreugde-olie gegee in plaas van rou, en 'n kleed van lof in plaas van 'n gees van wanhoop. Ek loof U Heilige Naam. Amen.

Wees vriendelik en vol ontferming.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList