|
Beste Vriend
Probleme kan jou nie om ver gooi as jy vasstaan in jou toewyding aan God en gelei word deur Sy Woord nie. Probleme moet nie jou Godgegewe drome verkrummel nie, want God is jou Voorsiener. Moenie probeer om alleen te staan nie. Dit is so belangrik dat jy verbind is met iemand wat vir jou bid en saam met jou bid. Wees die soort vriend wat ook uitreik om vir die mense rondom jou te bid. Wanneer jy saam bid in die Naam van Jesus, is God daar by jou (Matteus 18:20).
Jesaja 7:9b - Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.
My gebed. Vader, dankie dat U my Voorsiener is. Dankie dat ek U deur dik en dun kan vertrou. Dankie dat U die Droomgewer is wat wonderwerke laat gebeur. Amen.

God is jou Voorsiener.
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|