Leef jy in 'n self-gemaakte tronk van bekrompenheid, bitterheid en veroordeling? Dit is tyd om gesond en heel te word. Om genesing en heelheid te aanvaar vereis groei uit die beperkende oortuigings en patrone wat jou tot nou toe teruggehou het! Om aan die verlede vas te klou en 'n wrok te dra (selfs die klein jakkalsies van troetelhaat) weerhou ons daarvan om die volheid van God se teenwoordigheid en die seëninge wat Hy belowe het, te ervaar. Jou selfgesprek en vooropgestelde idees oor wie God is, moet vernuwe word. God is altyd goed.
1 Korintiers 1:9 - God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.
Sien ook: 1 Corinthians 1:9 AMPC. God is faithful (reliable, trustworthy, and therefore ever true to His promise, and He can be depended on); by Him you were called into companionship and participation with His Son, Jesus Christ our Lord.
My gebed. Hemelse Vader, U is goed vir ons. Dankie vir U getrouheid. Vernuwe asseblief my gedagtes deur die Heilige Gees en wys my waarvan ek my moet bekeer. Ek kies om U met my hele hart en siel te dien. U is my Verlosser en Saligmaker. Amen.

Dit is tyd om gesond en heel te word.