Goedhartigheid en ontferming tel, want dit is die vrug van innerlike vreugde. Innerlike vreugde is 'n innerlike manifestasie van God se liefde wat oorloop na almal rondom jou. Verbeel jou net jy staan langs iemand in 'n winkel of kantoor, en hulle probeer hul bes om nie uitmekaar te val nie. Gaan jy ongeduldig en koud wees of sal jy vriendelikheid betoon? Leef die getuienis van God se liefde deur te doen wat jy ook al doen met vriendelikheid in jou hart.
Psalm 103:2-5 - Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.
My gebed. HERE, U is die Lig in my lewe. Dankie dat U my van al my sondes vergewe het. Dankie vir die genesing en die welstand wat U bring. Dankie dat U my verlos het uit die put van duisternis, twyfel en skuldgevoelens. Dankie dat U my met liefde en deernis gekroon het en my in staat gestel het om vriendelik en ‘n omgee mens te wees. Dankie dat U elke deel van my vernuwe het. U is my Here en liefdevolle Vader. Amen.

Laat jou Goedhartigheid en ontferming tel.