Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

Beste Vriend

Wie gee inspraak in jou lewe? Van wie aanvaar jy leiding? Dit is maklik om rond te hardloop op soek na bonatuurlike tekens, wonders en profesieë in plaas daarvan om in 'n vaste verhouding met God te wandel.

Pasop vir mooiweersvriende wat jou misbruik en nie vir jou of God omgee nie. As jy weier om te lewe soos diegene wat God nie ken nie, nie saam staan ​met diegene wat God se hart breek met hul dade en jou weerhou daarvan om tussen diegene te sit wat negatief en haatlik is, sal waarlik geseënd wees.

Psalm 1:1-3 Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

Wees voorspoedig in alles wat jy aanpak.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

--
powered by phpList