Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ek glo dat die Evangelie so kragtig en ongekompliseerd is dat 'n kind dit kan verstaan. Mense raak egter vasgevang in die sorge van die lewe en maak die lewe baie ingewikkeld. Laat ons toegewyd bly om ons bes vir God te doen. Moenie ophou vrae vra nie en moenie kompromieë aangaan nie. Bly by die waarheid. As jy aanhou doen waarvoor God jou geroep het, sal jy vrede geniet wat alle verstand te bowe gaan.

2 Timoteus 2:15 - Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.

My gebed. Hemelse Vader, U ken my vermoëns en tekortkominge. Dankie dat U my vertrou het om my bes te doen en dat U my die vermoë gegee het om U Woord uit te lê. Here, ek bid dat U Woord lewendig sal wees in my lewe en dat ek kan help om herlewing in ons land te bring. Amen.

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList