Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Wanneer ek my Bybel lees, spreek iets spesifiek met my hart. Dit kan 'n lofpsalm wees, woorde van wysheid of dele van die pragtige verhaal van God se interaksie met mense. Daar was tye wat dit moeilik was om my Bybel te lees en die Heilige Gees het my herinner aan wat God my oor die jare geleer het. God se Woord is nie net vir ons inligting nie. Dit is vir die transformasie van ons harte en siele.

Spreuke 3:3-4 - Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens.

My gebed. Hemelse Vader, dankie vir U Woord. Dankie vir die vermoë om U Woord te lees en te deel. Dankie dat U Woord vlees geword het en onder ons kom woon het. Ons bring eer aan U! U is waarlik God. Dankie vir die transformasie wat U in my lewe bring. Amen.

Maak liefde en trou deel van jou lewe.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList