Wanneer jy leë clichés tydens uitdagende tye ontvang, weet jy hoe pynlik dit voel om verkeerd gehoor en misverstaan te word deur mense met goeie bedoelings. Veels te dikwels lyk dit of die reaksie wat ons op ons seerkry en teleurstelling kry, is om stil te bly, vas te byt of alles weg te bid. Jy voel dalk erger na een van hierdie gesprekke.
God het jou te lief om jou te los waar jy is. Ja, Hy ontmoet ons waar ons is, nie waar ons voorgee om te wees nie. Hy is die liefdevolle Vader wat ons deurdra wanneer ons nie kan aangaan nie.
LUKAS 19:10 - Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.
My gebed. Here, dankie dat U my siel gered en my liggaam genees het. Dankie dat U my nie verlaat wanneer ek sukkel nie. Dankie dat U my liefhet en my U kind maak. Amen.

Laat God die Vader jou deurdra wanneer jy nie kan aangaan nie.