Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

Beste Vriend

Die lewe is soms wonderlik en soms moeilik. Ons verkondig dat God heeltyd goed is. Alles wat jy dalk deurmaak is egter nie goed nie en is nie van God nie. Ek is oortuig daarvan dat niemand bedoel is om mishandel, afkraak of geboelie te word nie. Mishandeling is nooit van God nie! Dit is nie God wat jou in daardie situasie plaas nie, maar Hy sal jou deur dit alles dra en jou weer heel maak. Ek glo ook dat niks in God se hande vermors word nie. Hy sal alles wat jy deurmaak ten goede en tot Sy eer laat meewerk. Dit is vir jou om te kies om saam met Hom te stap deur elke fase van jou lewe.

Psalm 100:5 - Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.

Die lewe is soms wonderlik en soms moeilik. Ons verkondig dat God heeltyd goed is. Alles wat jy dalk deurmaak is egter nie goed nie en is nie van God nie. Ek is oortuig daarvan dat niemand bedoel is om mishandel, afkraak of geboelie te word nie. Mishandeling is nooit van God nie! Dit is nie God wat jou in daardie situasie plaas nie, maar Hy sal jou deur dit alles dra en jou weer heel maak. Ek glo ook dat niks in God se hande vermors word nie. Hy sal alles wat jy deurmaak ten goede en tot Sy eer laat meewerk. Dit is vir jou om te kies om saam met Hom te stap deur elke fase van jou lewe.

My gebed. Here, help my om 'n draer van U hoop en lig te wees. U is goed en U liefde duur vir ewig. Dankie dat U ons beskerm teen die skadelike dinge waarvan ons nie eers bewus is nie en dat U ons genees wanneer ons seerkry. Here, my lewe is soos 'n oop boek voor U. Genees asseblief die stukkende stukke en lei my in alles wat ek doen. U is my Geneesheer en Verlosser. Amen.

Laat die Here jou Geneesheer en Verlosser wees.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

--
powered by phpList