|
Beste Vriend
Wanneer ek bid en met God praat, weet ek dat Hy my gebede verhoor. My lewe en gesondheid is lewende getuienisse van Sy genade en goedheid. God is nie 'n noodwiel in 'n mandjie van “gadgets” wat jy uithaal wanneer 'n mens in die moeilikheid is nie. Hy is HERE! Sy Woord is vas en waar. Dit is die tyd om te verenig in gebed vir ons gesinne en hierdie land. Bid op die manier wat Sy Woord ons leer. Hou aan bid totdat jy die deurbrake sien waarvoor jy Hom vertrou.
2 Kronieke 7:14: En my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.
My gebed. Hemelse Vader, U is dieselfde, gister, vandag en vir altyd. Die manier waarop U gereageer het op die uitroepe van U mense gedurende die Ou Testament se dae, is steeds hoe U getrou is om op ons hulpkrete te reageer. U hoor ons gebede vanuit die hemel. U is getrou om ons te vergewe wanneer ons voor U kom en ons sondes bely, ons groot behoefte aan U erken en van die verkeerde dinge wegdraai. U belowe om ons land te genees. U is ons Verlosser, Hersteller, Geneesheer en Redder. U krag is onmeetbaar en heers oor alles. Dankie, Here, dat ons weet U verhoor ons gebede. Amen.

Hy is HERE!
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|