Is jy skaam om te bid omdat jy twyfel of God jou hoor? Ons Hemelse Vader het 'n manier gemaak vir ons om met al ons versoeke met vrymoedigheid na Hom toe te kom. Hy sal Sy genade en barmhartigheid oor ons uitstort en ons help in ons tyd van nood. God wil hê dat ons met vrymoedigheid moet glo en bid. Sodoende sal ons ons groot God in aksie sien.
Psalm 66:19-20: Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor! Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie.
My gebed. Hemelse Vader, ek staan met vrymoedigheid op die beloftes van U Woord, ek sal my stem verhef in nederigheid en vertroue, met die wete dat U my hoor. Ek glo dat as ek iets vra volgens U wil, ek dit sal ontvang. Dankie dat U U genade en barmhartigheid oor ons uitgestort het. Here, lei my in elke besluit wat ek neem en gee my die regte woorde in elke gesprek. Ek bid dit in Jesus se Naam! Amen.

Het jy daaroor gebid? God luister.