Waarom sit mens soms vas op 'n plek waar jy ophou lag en leef? In daardie swart gat is dit moeilik om te glo of die Here te prys. Miskien het jy vergeet waarvoor jy staan en waarvoor jy veg. Ons is voortdurend in 'n geestelike stryd tussen lig en duisternis. Onthou jou Godgegewe doel en strek 'n bietjie verder na wat voorlê.
Om die Here te prys is nie 'n kitsoplossing nie en om hulp te vra is nie 'n teken van swakheid nie. God sal jou nooit teleurstel nie.
Filippense 3:14: Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
My gebed. Hemelse Vader U is my Bron van hoop, vrede en vreugde. HERE, ek loof en prys U met ‘n dankbare hart, want U is altyd by my. Herinner my asseblief aan die hoë roeping van God in Christus Jesus wat U op lewe geplaas het. Dankie vir die mense wat U in my lewe geplaas het om my deur die vasval plekke te help kom. Ek loof U vir U goedheid en genade. Amen.

Deel vandag se boodskap met die mense wat jy weet in ‘n geweldige geestelike stryd is. Saam kan ons hulle bemoedig.