Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Stel jou voor dat jy in 'n situasie is waar jou woorde die uiteindelike beslissende faktor tussen lewe en dood is. Wat is die wysste woorde wat jy kan kies om te verseker dat jy bly lewe? Jou woorde is juis so dinamies dat jy elke dag in so 'n situasie is. Jou woorde bepaal jou lotsbestemming.

Prediker 5:2-3 Afr35-53: WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.

My gebed. Hemelse Vader, ek bid dat my woorde in U ore aangenaam sal wees, want ek het gekies om U uit te nooi om in beheer van my lewe te wees. Vergewe my asseblief vir die tye wanneer my mond vir my brein weghardloop. Help my om wys te wees en my woorde te gebruik om elke persoon wat ek ontmoet op te bou en aan te moedig. Ek wil my lewe en my woorde gebruik om U te aanbid. U is my Here. Amen.

WEES nie haastig met jou mond nie.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList