Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ons deel elke dag ‘n spesiale, inspirerende boodskap met jou, want ons weet dit maak ‘n verskil. Ons waardeer die getuienisse en dankies, omdat ons net op die Heilige Gees kan vertrou om die regte woorde op die regte tyd te deel. Mag jy vasstaan in jou geloof in God en sy Woord. Mag die Heilie Gees staal in jou geloofsoortuiging sit.

1 Tessalonisense 1:5 DB: Die goeie nuus oor Christus wat ons daar by julle gepreek het, was nie maar net ’n klompie mooi woorde nie. Nee, die Heilige Gees het ons prediking kragtig in julle lewens gebruik. Hyself het julle oortuig om in Christus te glo.

Die Engels The Message Vertaling stel is so pragtig: “When the Message we preached came to you, it wasn't just words. Something happened in you. The Holy Spirit put steel in your convictions” (1 Thes. 1:5)

My gebed. Hemelse Vader, dankie vir die geïnspireerde Woord van God wat vertel van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Dankie dat die Woord van waarheid oorgedra is, deur geslagte van gelowiges wat getrou die Evangelie gedeel het. Dankie vir die mense wat die evangelie met my gedeel het, en dat ek die Goeie Nuus en hoop van die Evangelie met ander kan deel. U is die Een wat my 'n vaste greep gee op geloof en oortuigings van staal in 'n dubbelhartige wêreld. Dankie vir U standvastige liefde. Amen.

God self het jou oortuig om in Christus te glo.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList