|
Beste Vriend
Mense toon drie reaksies in ons verhouding met God wanneer die lewe moeilik is. Ons hou op bid óf veg met God óf bid met intense geloof. Wat is jou reaksie? Het jy net soveel oor jou probleem gebid as wat jy daaroor gepraat het? Neem alles in gebed na God en kies om te lewe asof jy wil LEWE!
Lukas 11:9-11 - “Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”
My gebed. Hemelse Vader, U is die Here van my lewe. Ek is so geseënd om te weet dat ek U kind is. Geen probleem is te groot of onoorwinlik wanneer ek in U teenwoordigheid is nie. Vandag rol ek al my probleme en bekommernisse na U toe en vra die wysheid om die regte besluite met die regte gesindheid te neem. Dankie dat ek weet U antwoord my altyd en maak die regte deure oop. Ek gee jou al die eer! Amen.

Elkeen wat vra, ontvang.
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|