Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Niemand gaan God se genade te bowe nie! Jy sien, God weet hoe mense, veral kinders, optree. Niks wat jy doen of sê sal Hom verras nie. Ons is nie perfek nie en God ken al ons foute en probleme. Hy is steeds lief vir elkeen van ons. Die Here onse God is genadig en vergewensgesind. Moenie opgee op jouself nie - hardloop na Hom toe, vandag!

Daniel 9:9 - Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U.

My gebed. Hemelse Vader, dankie dat U my aanvaar net soos ek is. Dankie dat U my te lief het om my in 'n gebroke of gekneusde toestand te laat. Help my asseblief om te genees en gesond te word van al die beproewings wat ons laat struikel. Dankie dat U liefde en genade in al die donker plekke in my wese skyn. Here, raak asseblief my geliefdes aan met U lig en hoop. Dankie dat U genadig en vergewensgesind is. Amen.

God, bewys barmhartigheid.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList