Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Romeine 8:28 is een van daardie “reddingslyn”-skrifte wat mense gryp wanneer dinge verkeerd loop. Meeste mense lees dan ook nie die hele vers nie. God het diegene wat Hom liefhet geroep en gee aan elkeen van ons sin en betekenis in die lewe gegee. Soms vergeet ons omdat die lewe ingewikkeld en oorweldigend raak. Onthou jy het ‘n roeping! Ons is geroep om God se mense in hierdie wêreld te wees. Ons aanbid God as die almagtige, wyse en alwetende HERE. Ons word geroep om vir Sy mense sorg te dra in moeilike tye. Ons kan bly wees en juig, want saam kan ons mekaar help om ons sorge na Hom toe te rol en saam te bid en die lewe in Hom te vier.

Romeine 8:28 - Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

My gebed. Hemelse Vader, dankie vir U getrouheid in my lewe. Ek vertrou dat U agter die skerms namens my werk. Help my om die lewe in perspektief te hou in die lig van U roeping op my lewe. Here, gee my asseblief vandag U krag en vrede en vul my met U gawe van geloof om te oorwin. Dankie vir U beloftes en ek weet U is getrou oor U Woord om elkeen van hulle te vervul. In Jesus se Naam. Amen.

Weet net dat God alles ten goede sal laat meewerk.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList