Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Om God te dien en in Sy Naam te wandel is jou keuse. Dien God heelhartig met blydskap, want God se taal is liefde. Daar is altyd hoop in die Naam van Jesus. Jou hoop is relevant vandag en in ewigheid, want Hy sal ons nooit as weeskinders laat nie.

Miga 4:5 - Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.

My gebed. Hemelse Vader, dankie vir U liefde. Dankie dat U dit moontlik maak om te kies om in U weë te wandel. Ek weet dat om na U stem te luister en volgens U ordinansies te leef deel is van my verhouding met U. Dankie vir U beskerming. Here, leer my om elke dag meer soos U te wees. Amen.

God is ons liefdevolle Vader.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList