Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ons het die hele jaar die Goeie Nuus van God se genade en redding gedeel. Twyfel jy nog of Sy beloftes vir jou is, hier en nou? Wanneer gaan jy Hom op Sy Woord neem en glo dat Hy 'n lewensveranderende plan vir jou het? Sy goedheid en genade kan tot in elke area van jou lewe strek as jy Hom toelaat om jou te lei.

Ek weet dit is waar, want ek het gestaan op Sy beloftes vir genesing vir my en het my elke dag in Hom verheug. Hy is getrou aan Sy Woord en elkeen van Sy beloftes. Hy is my Trooster en ek is bly in Hom!

Jeremia 31:13 - Dan sal die jong meisies dans van blydskap saam met die jong mans en die ou mans. Ek sal hulle droefheid in vreugde verander, Ek sal vir hulle uitkoms gee: Ek sal hulle bly maak, hulle sal geen kommer meer hê nie.

My gebed. Here, U is die almagtige God en U wys my daagliks hoeveel U vir my en die mense in my lewe omgee. Ek vertrou op U en glo U Woord. Dankie dat U my vertroos en my liggaam met genesing en vernuwing aanraak. U gee my redes om bly te wees en U die hele tyd te loof. Ek gee U al die eer en heerlikheid. Amen.

Die wêreld is in rep en roer met al die berigte van oorlog en onsekerheid. As jy geliefdes in hierdie oorlogsones of in gesondheidskrisisse het, stuur vandag nog jou gebedsversoeke. Ons sal saam met jou bid! Stuur 'n vertroulike e-pos.

God is jou Trooster.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList