|
Beste Vriend
Jy kan nie die blydskap van die Here wegsteek nie, want jou oë spreek boekdele. Hartseer mense kan "'n dapper gesig opsit" en maak asof alles goed is, net soos gelukkige mense hul gevoelens kan probeer verdoesel. Waag dit om jouself die kans te gee om eerlik te wees oor jou gevoelens. Jy hoef nie heeltyd voor te gee dat jy goed gaan nie, want as jy sukkel is daar hulp, hoop en genesing. Neem die eerste stap om eerlik te wees en vra vir hulp. Jy is dapperder as wat jy dink, en God het jou lief!
Spreuke 15:13 - Blydskap laat 'n mens se gesig straal; smart maak 'n mens terneergedruk.
My gebed. Here, U het belowe om vir my eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Dankie dat ek my emosies vir jou kan voel en gee. Ek wil 'n boom van redding genoem word en die plant van die HERE, sodat U verheerlik kan word (Jesaja 61:3). U is my Hoop en Verlosser. U vul my met blydskap en verhef my gees om U te loof. Dankie vir U liefde en genade. Amen.

God het jou lief!
Ds Wynand en Dr Barbara Louw
Inter Trauma Nexus
info@itn.org.za
0837001441
|