Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Verwag jy dat God met jou sal praat? Kniel jy en bid? God is vandag dieselfde as op daardie dag toe Hy Petrus se gebed verhoor het. Gebed gaan oor jou verhouding en gesprekke met God. Hy gee jou genade, barmhartigheid en seën.

Genade is soos wanneer jy goeie goed van God kry al het jy dit nie verdien nie.

Barmhartigheid, aan die ander kant, is wanneer Hy jou nie die straf gee wat jy verdien nie.

Seëninge? Wel, dit is wanneer God jou net oorlaai met allerhande goeie dinge.

Handelinge 9:40: Nadat Petrus almal uitgestuur het, het hy gekniel en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabita, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak en toe sy vir Petrus sien, het sy regop gesit.

My gebed. Here, lei my asseblief en lei my vandag. Help my om wyse besluite te neem, en om op u plan vir my lewe te vertrou. U is my Geneser, en ek vertrou op U krag om gesondheid te herstel. Laat U genade elke Vriend se liggaam, verstand en gees omring en vertroosting en genesing bring. In Jesus se Naam, bid ek. Dankie vir U genade en barmhartigheid. Amen.

Onthou vandag een ding: God se goedheid is heeltyd daar, maak nie saak wat nie.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList