Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

‘n Grens klink 'n bietjie soos ‘n grenslyn wat 'n skeiding skep tussen waar jy hoort en waar jy nie behoort te wees nie. Die heerlike erfenis wat jy van God kry, dui op die seëninge wat Hy oor jou uitstort. Jy moet egter ook wys wees deur grense te stel en nie met die duisternis rond te peuter nie.

Hou jou oë op die Here gerig en Hy sal jou raad gee en lei om in waarheid en lig te wandel. Geniet die plek waar jy nou is.

Psalm 16:6-8: Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Ek sal die Here loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my. Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

My gebed. Vader, dankie dat U saam met my deur elke situasie in my lewe stap. Dankie dat ek die pragtige mense wat U in my lewe geplaas het kan geniet. Ek is daartoe verbind om te bid vir die onvriendelike mense wat my pad kruis. Gee asseblief vir hulle wat hulle nodig het, terwyl ek kies om U te dien. Dankie vir die pragtige plekke waarheen U my neem. Amen.

Hou jou oë op die Here gerig.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList