Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Die heelal het begin met God se seën. Alhoewel ons in 'n gebroke wêreld en 'n chaotiese samelewing leef. Jy is deel van God se heelal. God het nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Staan op en verklaar VANDAG die eer en doel van God in jou lewe. Ja, die son sal môre weer opkom, maar God se goedheid is in en oral om jou. Begin deur jou seëninge te tel en jou God se goedheid te verkondig.

Johannes 3:16-17: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

My gebed. Hemelse Vader, dankie dat U die heelal geseën het voordat enige kwaad begin het. Ek vra U beskerming in die chaotiese wêreld waarin ons leef. Dankie vir U seën en die genade wat U oor my lewe uitstort. Dankie dat U my ophef om nie vir myself jammer te voel en sonder oorsaak kwaad te wees, in die Naam van Jesus. Vandag verklaar ek dat ek geseën is deur die Allerhoogste God! Ek is omring deur die goedheid van die HERE! Amen.

 

'n Spesiale boodskap wanneer jy besig is. Het jy al by die "Friends of Inter Trauma Nexus"-kanaal op WhatsApp aangesluit en dit gedeel?

https://whatsapp.com/channel/0029VbBbpbn4inouchKAEx0h

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList