Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Hoekom val ‘n mens van tyd tot tyd vas op ‘n plek waar jy ophou lag en lewe? Op daardie vasval plek is dit moeilik om te glo of om die Here te prys. Dalk het jy vergeet waarvoor jy staan en waarvoor jy veg. Ons is konstant in ‘n geestelike stryd tussen lig en duisternis. Onthou vandag wat jou God-gegewe doel is en strek nog ‘n bietjie verder na wat voor lê.

Filippense 3:14: Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

My gebed. Hemelse Vader U is my Bron van hoop, vrede en vreugde. HERE, ek loof en prys U met ‘n dankbare hart, want U is altyd by my. Herinner my asseblief aan die hoë roeping van God in Christus Jesus wat U op lewe geplaas het. Dankie vir die mense wat U in my lewe geplaas het om my deur die vasval plekke te help kom. Ek loof U vir U goedheid en genade. Amen.

God sal jou nooit in die steek laat nie.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList