Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ek kyk na elke dagbreek met opgewondenheid om te lewe. Die lewe mag dalk uitdagend wees, maar ek kan die las deel wanneer ek met God wandel. Ek is geliefd en gekoester op die lang pad van die lewe. As ek aanhou, hoef ek nie terug te keer na die verlede nie, want daar is 'n helderder môre. Rol jou sorge oor na God en neem Sy juk op. Hy is sagmoedig en genadig om ons rus en hoop te gee.

Matteus 11:29: Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

My gebed. Here, terwyl ek my oë toemaak, voel ek U teenwoordigheid. Ek weet U het my liggaam aangeraak met genesing en my siel vrede gegee. U was goed vir my oor die jare. Dankie vir elke nuwe oggend en elke rustige nag. Dankie dat U my te alle tye vashou. Dankie dat U juk sag en lig is. Amen.

God is sagmoedig en genadig.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList