Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ek weet dat 'n dankbare hart 'n magneet vir wonderwerke is. Die wonderwerke is oral, maar sien jy dit raak? Kyk na jou wêreld deur die lense van God se onfeilbare liefde en sien Sy wonderlike dade vir die mensdom. God doen heeltyd wonderwerke in ons. Prys en dank Hom dat Hy lewendig is om Sy Goedheid te sien.

Psalm 107:8-9 -  Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.

My gebed. HERE, dankie dat U daardie gesindheid van my hart deur my gedrag openbaar het. Vergewe my asseblief vir die tye wat ek U goedheid en genade oor my vergeet. Help my om na die wêreld te kyk deur die lense van U onfeilbare liefde en genade. Dankie dat ek weet dat die son môre sal opkom en dat U in my toekoms is. HERE, U is so goed vir my. Ek loof U, die Almagtige God. Amen.

Prys en dank God dat Hy lewendig is.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList