In hierdie tyd van onsekerheid is die een sekerheid dat God nie verander het nie. Hy is kragtig en genadig. God gee jou 'n gesonde verstand en Sy gees van krag en liefde. Hy rus ons toe om wyse keuses te maak en om in Sy krag en in liefde te wandel.
2 Timotheüs 1:7 - Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
My gebed. Hemelse Vader, ek eer U as die almagtige Skepper van hemel en aarde. Dankie dat U vir ons U Heilige Gees van krag, liefde en 'n gesonde verstand gee. Dankie dat U ons geloof versterk het. Amen.

God het nie verander het nie.