Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ek is verstom oor die manier waarop sommige mense oor God en Sy beloftes praat. Hulle sê God beter my hieruit kry of dit doen. Nee, ons dien en aanbid die HEILIGE, ALMAGTIGE GOD! In ons aanbidding kan daar nie bekendheid en disrespek wees nie. Wees nederig voor die Here. Dien Hom met vreugde en blydskap.

2 Petrus 3:9 - Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

My Gebed. Hemelse Vader, vergewe asseblief my ongeduld wanneer ek wag vir die vervulling van U beloftes. Dankie vir U getrouheid en geduld. U tydsberekening is altyd perfek. Here, ek deel U hart vir mense en bid vir herlewing, sodat almal tot bekering kan kom. Dankie dat mense begin opstaan vir geregtigheid en eerlikheid in ons land. Amen.

God is nie traag om Sy beloftes na te kom nie en Hy is geduldig met jou.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList