Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

As jy verstaan dat wysheid geneesde pyn is, is dit 'n goeie uitgangspunt. God gee wysheid en Hy is ons Geneesheer. Ons het wysheid en genesing nodig, want daar is pynlike gebeure in die lewe. Geliefdes word siek en sterf, vriende kan ons vergeet en werk kan onstabiel wees. Al hierdie dinge raak ons harte, maar God sal ons nooit begewe of verlaat nie.

Spreuke 2:6-8 - Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.

My gebed. Vader, daar is so baie van ons Vriende wat deur diep water gaan en hulle het U liefdevolle aanraking nodig. Dankie vir die Heilige Gees wat in tye soos hierdie ons helper en trooster is. Here, ons bedek hulle met ons gebede soos drukkies van troos. Maak asseblief paaie waar daar geen uitweg is nie en bring genesing waar daar wonde en siektes is. Ons bring hulle behoeftes voor U en glo dat U elke gebed beantwoord in die Naam van Jesus. Amen.

God sal jou nooit begewe of verlaat nie.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList