Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Die vrede van God kan in jou hart heers wanneer jy 'n dankbare, biddende verhouding met Hom het. Bid … neem eers jou hart se geheime en begeertes na God toe, voordat jy dit met ander deel. Jy hoef nie met disharmonie en sinlose drama  opgeskeep te wees nie. Laat die vrede van God in jou hart heers.

Kolossense 3:15 - En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar

My gebed. Vader dankie vir die gawe van die lewe. Dankie vir alles waardeur U ons tot nou toe gelei het. Dankie dat U nog altyd daar was vir ons, voorsien en bemoedig het. Dankie vir U Woord wat genees, onderrig , wysheid uitstort en ons versterk. Dankie dat U Jesus gestuur het sodat ons in vrede met U kan lewe. Amen.

Laat die vrede van God in jou hart heers.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList