Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Daar is 'n lewenspad wat God self aan ons openbaar. Dit is 'n reis gevul met Sy teenwoordigheid, waar vreugde oorloop en plesiere ewig is. Dit is die wholistiese hoop wat ons vir ons toekoms kan opeis. Jy dwaal nie doelloos rond nie, want jy loop op 'n goddelike pad van doel en betekenis. Laat ons leef met die vreugdevolle versekering dat elke nuwe dag ons nader bring aan die wonderlike vervulling van Sy beloftes.

Psalm 16:11 - U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.

My gebed. Here, dankie dat U die pad van die lewe aan my bekend gemaak het. Ek kies om vandag in U teenwoordigheid te wandel. Vul my met U oorvloedige vreugde. Ek sien uit na die ewige plesiere saam met U. Amen.

Leer by die Here hoe om te lewe.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList